Natashia – Eye Makeup Remover

Ek doen deeltyds modelwerk en daarmee gepaard gaan gewoonlik baie swaar grimering, veral ooggrimering tydens modelkompetisies en fotosessies. Ek het al verskeie produkte beproef, sommige wat ek gratis ontvang het om te toets, maar niks kom by HerbaZone se Eye Makeup Remover nie. Moenie dat die naam misleidend wees nie, want jy kan dit sommer vir jou hele gesig gebruik.

Dit verwyder van die swaarste oogomlyner tot en met die rooiste lipstiffie. Soms tussen fotosessies moet ek van lipstiffie kleur verander en dan is daar net een produk wat werk en dit is Eye Makeup Remover! Dit is sowaar ‘n treffer uit die HerbaZone gesigsreeks.

Natashia
Eye Makeup Remover