Adele Venter – Herbamune + Herbaheat

Beste Lesers,

My naam is Adele Venter en is ek ‘n motiveringspreker. Ek het my sig in 2000 verloor as gevolg van Veelvuldige Sklerose en sedertdien probeer ek ‘n verskil maak onder ons volkie. Gaan loer gerus na my web-blad, www.icansee.co.za.

Ek wil julle vertel van my radikale besluit waartydens Herbazone my hand geneem het, en sederdien baie styf vasgehou het…

In 2006 het ek daardie radikale stap geneem en die gebruik van al my medikasie beëindig. Ek het dit natuurlik afgeskaal oor ‘n tydperk; ek was desperaat en kon nie meer die ‘zombie-gevoel hanteer nie, en daarom my drastiese besluit. Herbazone het my “VERSEKER” dag-vir-dag bygestaan met hierdie proses. Ek sal voorstel dat diegene wat gediagnoseer is met MS, nie summier ophou om hul medikasie te neem nie, maar eers hul neuroloog gaan spreek. Ek ly aan ‘Relapse Recurring Multiple Sclerosis,’ en ek skat dit is hoekom ek stelselmatig die medikasie kon laat staan het. 

Ek is vandag ‘n ander mens en lei ‘n vol lewe!  Natuurlik kry ek ook my af dae, wanneer ek nie te wonderlik voel nie, maar  dan “luister” ek na my liggaam en moet  dan soms gaan lê om my kragte te herwin. Maar dan doen ek presies net dit…   Kort voor lank het ek weer al my kragte herwin en vang ek weer spoed (smile). Myns insiens is dit die vitamiene wat my die hupstootjie gee. Soms vergeet ek om my vitamienes te neem, maar dan sal my liggaam my gou genoeg herinner aan my nalatigheid.  Ek het die houers nou reg langs my tandeborsel, dus kan ek nie vergeet nie! Want tande moet ons tog borsel, smile….

Die dosis wat ek neem is as volg:

1 x Vit C,
2 x Herbamune,
2 x Omega’s, en
1 x Herba Cal/Mag saans voor ek gaan slaap. 

Ek gebruik ook Herba-heat vir die dae wat die spiere nie so lekker wil saam werk nie, en dit help natuurlik fantasties vir die spasmas.  Ek gooi die blinde-kaart en kry iemand om my al te heerlik in te vryf, haha.

Herbazone is voorwaar ‘n wonderlike produk!  Ek kan daarvan getuig, want ek neem sedert 2006 die produk soos ek bo genoem het.

Julle is meer as welkom om my te kontak vir enige verdere vrae of uitnodigings vir praatjies, waartydens ek my storie breedvoerig deel.

Vriendelike groete.
Adele Venter